“Omring jouself met die regte mense…”

Die volgende stuk is van toepassing op gelowiges asook nie gelowiges. Dis eintlik ń lewenswaarheid uit die Bybel ongeag jou geloof en behoort ten minste oordink te word.

ń Staaltjie wat ek raakgelees het wat  aansluit by die vers volg hieronder wat ek geleen het vanaf :

#KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.

​“Omring jou met die regte mense – Leer by Henry Cloud”
Henry vertel die aangrypende verhaal van een van sy vriende wat die hoof van ’n groot maatskappy was. Tydens moeilike ekonomiese tye het hy geweldig gewroeg. Diep in homself het hy ’n mislukking gevoel. Hy het hom begin onttrek: hy het sy vriende minder gesien, minder gholf gespeel, minder kerk toe gegaan en minder gesosialiseer. Wat hy egter nie besef het nie, was dat hy hom al hoe meer onttrek het aan die mense wat naby aan hom was in sy lewe.
Uiteindelik het hy letterlik weggeraak. Hy is gevind in ’n hotelkamer waar hy alleen was in ’n diep gat van depressie. Henry het aan hom verduidelik dat sy groot fout was om alleen te probeer staan, om alleen deur die krisis te probeer gaan. Henry sê dit so treffend: “His crash and his business loss actually came from not knowing one of the most important secrets of God: we are not meant to be alone.”
Mense wat goed ge-“connect” is met ander het beter breinontwikkeling, sterker immuunstelsels en is minder vatbaar vir probleme en siektes soos depressie, angs en verslawing. Hoe meer jy met ander ge-“connect” is, hoe gelukkiger en gesonder is jy.
Met wie omring jy jou?
GEBED: Here, dankie vir die mense in my lewe wat U oor my pad gestuur het. Here, help my om moeite te doen met hulle en aan hulle verbind te bly. 
Hierdie oordenking is geneem uit 

#KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Aspaai

Advertisements

13 Comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s